Werkloosheidsversekeringsfonds

Dit is noodsaaklik om kennis te neem dat werknemers nie van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) kan eis wanneer hulle vrywillig bedank nie. Eise kan alleenlik ingedien word wanneer die werkgewer insolvent verklaar is, die kontrak deur die werkgewer beëindig word as gevolg van operasionele vereistes, swak prestasie en wangedrag. Die WVF maak voorsiening vir 5 tipes voordele naamlik: werkloosheidsvoordele, siektevoordele, kraamvoordele, aannemingsvoordele en doodsvoordele. Geregistreerde werknemers wat maandeliks bydraes maak is geregtig om van die fonds te eis vir enige periode van werkloosheid van meer as 14 dae.

Die volgende persone kan nie eis van die werkloosheidsversekeringsfonds nie:
Werknemers wat in enige van die Staats Departemente werksaam is. Die rede hiervoor is dat hierdie werkers reeds aan ʼn pensioenfonds (GEPF) behoort wat deur die Staat gesubsidieer word;
Werknemers wat minder as 24 ure per maand werk;
Immigrante wat op kontrak basis werk;
Werknemers wat reeds ʼn Staats (ouderdoms) pensioen ontvang
Werknemers wat slegs op kommissie werk.

Dit is belangrik dat werknemers aansoek vorms moet voltooi en inhandig binne 6 maande vanaf die datum waarop sy/haar dienste beëindig is.

Afhangende van die tipe voordele wat geëis word, is verskillende dokumente noodsaaklik.
ʼn Afskrif van die aansoeker se 13-syfer identiteitsdokument staafkode;
Afskrifte van die aansoeker se laaste ses salarisstrokies (oorledene se salarisstrokies in geval van dood);
Inligting wat die werkgewer moet voorsien deur middel van vorm (UI 19);
Diens sertifikaat van werkgewer ens.

Ten opsigte van kraam -, aannemings-, doods- en siekte voordele is die volgende dokumentasie ook ʼn vereiste: bewys van bankbesonderhede, ʼn staat van die bedrag wat gedurende kraamverlof ontvang gaan word, huweliksertifikaat sowel as geboorte sertifikaat van afhanklikes en gesertifiseerde afskrif van sterftesertifikaat (in geval van dood), staat ten opsigte van betaling wat tydens aannemingsverlof ontvang gaan word ens.

Enige navrae ten opsigte van die werkloosheidsversekeringsfonds kan gerig word aan jou naaste kantoor van die Departement van Arbeid of epos enquiries@uif.gov.za. Die wet op Basiese Diensvoorwaardes maak voorsiening vir verwagtende vrouens om 4 maande kraamverlof te neem. Betaling vir hierdie tydperk moet van die werkloosheidsversekeringsfonds geëis word. Indien die werkgewer egter in die werkskontrak aangedui het dat die tydperk met volle betaling moet geskied of ʼn sekere persentasie van die salaris sal betaal moet die kontrak eerbiedig word.

In terme van Artikel 25 van die Werkloosheidversekeringswet moet die werknemer die relevante kantoor van die Departement van Arbeid ten minste 8 weke voor die verwagte datum van geboorte kontak en kan hulle in terme van artikel 24 eis vir ʼn periode van tot 17, 32 weke. Indien die aansoek aan die vereistes voldoen sal die administrateur die aansoek goedkeur in terme van artikel 13 (3) van die Werkloosheidversekeringswe en die berekening maak in terme van artikel 13 (4).

Werknemers wat ʼn miskraam het in die laaste trimester van swangerskap of ʼn doodgebore baba het kan eis vir ʼn periode van 6 weke. Hou asseblief in gedagte dat die werkgewer ten minste 4 weke voordat daar beoog word om op kraamverlof te gaan in kennis gestel moet stel. Die administrateur by die Departement van Arbeid sal stipuleer hoe en moontlik wanneer die betalings gemaak sal word.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment